Country Restaurant Padlangs Country Restaurant
Break Away to the Valley

 
Patesie Country Shop
Baviaans kloof Baviaans kloof

'n Bietjie meer oor die eienares, Heidi Schellingerhout Muller:

Ek is gebore in Hankey, in die pragtige Gamtoosvallei en het my skoolloopbaan in die Kouga voltooi
waarna ek na Kovsies is om te studeer. Ek het my B.Soc.Sc graad in Sielkunde verwerf en daarna my
B.Soc.Sc Honeur graad in Kriminologie.

Nadat ek my droomwerk in my vakkeuse losgeslaan het, het 'n lang donker man van Patensie my hart gesteel...
die liefde laat hom nie voorskryf nie en so laat ek toe maar my droomwerk agter met 'n nuwe droom
- ek wil 'n Padstal begin.
Ek het aan hierdie droom begin bou in 2001 en kan nou met trots se dat ek besig is om my Padstal droom te leef.

Alhoewel Kriminologie en Kosmaak net die eerste letter van elke woord in gemeen het
- ruil ek hierdie beroep vir niks!
Elke dag is 'n uitdaging want elke mens waarmee jy tedoen kry is uniek en elke smaak verskil,
maar ek en my wonderlike span leer elke dag om die volgende 'n nog beter dag te maak.

My man, Jaco, en twee pragtige dogtertjies is die lig op my pad en Jesus my kompas.

Dankie dat jy die pad staam met ons stap - sommer net Padlangs!